![]() |
|
|
|
Huisgenoot
August 15, 2002
|
HAAI, DIS DAVID DIE meeste mense swem nie graag saam met haaie nie, maar DAVID JAMES ELLIOTT van JAG-faam het kans gesien om dit te doen. En nie in die hok wat in die water laat sak is nie, oop en bloot. David is een van die sterre wat 'n bietjie gewaag het vir die TV-kanaal Discovery se haaieweek van 11 tot 16 Augustus. Nog deelnemers was Mark McGrath van die rock-groep Sugar Ray en die sandvlugbal-speelster Gabrielle Reece. Die verskil was dat hulle met beskerming geswem het. Nie soos David nie. "Op die stel het die vervaardiger my gevra of ek lus het om onder die water uit die hok te klim," vertel David. "Ek het gesë ek sal as hy sal. Hy het ingestem en ek het gedink nou wil ek nie soos 'n sissie lyk nie. My dogter het gepleit: 'Moenie dit doen nie, Pappie.'" Onder die water het David 'n ligte angsaanval gehad, maar toe is die hok oopgemaak en het hy saam met die haaie geswem. "My pa kom van die Bahamas," vertel David. "Ek duik al my lewe lank en dis nie die eerste keer dat ek so naby aan 'n haai kom nie." Eenkeer het 'n haai van by die 3 m skielik van onder opgeskiet, reg op hom af. "Ek het nie geweet wat om te doen nie en ek het besluit 'n karate-hou is al wat dalk sou werk. Maar net 'n entjie van my het die haai weggeswaai en verbygeswem." |
Hi, it's David* Most people don't like to swim with sharks, but David James Elliott of JAG was up to it. And this adventure wasn't in a shark cage, it was in open waters. David is one of the stars that participated in Discovery's Shark Week from 11 to 16 August. Others included Mark McGrath of Sugar Ray and Gabrielle Reece. The main difference was that they all swam with protection. But not David. "On the set, the producer asked me if I was willing to get out of the shark cage once in the water," says David. "I said that I would if he would. He agreed. I thought, I don't want to look like a sissy now. My daughter pleaded: 'Don't do it, Daddy.' " While under the water David had a minor panic attack, but when the cage opened he swam with the sharks. "My dad's from the Bahamas" says David. "I've been diving my whole life and it's not the first time I'm this close to a shark." One shark, about 3 metres long, swam right up to him. "I didn't know what to do and decided a karate-hit is all that would work. But when it came within a short distance of me, it turned away and just swam by." |
* "Haai" is commonly used for saying "Hi" in Afrikaans but it's also Afrikaans for shark.
Our thanks to Cindy Blom for submitting this. Translated from Africaans by Cindy Blom and Amanda Schellingerhout.